HOUSE OF THEMBISO - A PLACE OF SAFETY / HALFWAY HOME FOR BABIES UP TO THE AGE OF 12 MONTHS
Op Saterdag 4 September het D’Aria in Durbanville sy vere reg geskud vir Huis Thembiso se jaarlikse Dames Oggend.  Soos die son se strale gebreek het oor die wingerde, het 250 vroue in tipiese Lente atmosfeer Huis Thembiso kom ondersteun. Danksy Gerty Krause is die gaste begroet met ‘n see van pienk blomme in glinsterende groen appels versier, kompleet of Eva hulle self tussen die sagte organza tafeldoeke gedrappeer het. Orals het bekendes mekaar gegroet en heerlik saam gekuier oor ‘n koppie tee. Met vars gebakte lekkernye op die tafels, was daar beslis geen skuld gevoelens die oggend oor die komende somer se swemklere waarin daar nog gepas moes word nie...kry maar nog ‘n happie kaaskoek dit gaan alles vir ‘n goeie doel!

Bekende name soos Sarie se Kos redakteur, Herman Lensing, Pasella aanbieder, Vicky Davis en die Sang groep, TSakkie susters het die verhoog betree om die Dames te vermaak die oggend. Sarel Pieterse het die dames aan sy voete gehad met sy tipiese Karoo stories. 

Honderde pryse is ook weggegee ten bate van die Fondsinsamelings projek vir Huis Thembiso. Vroue het omtrent bontgestaan om lootjies te koop vir die vooruitsig om ‘n heerlike wegbreek vir 2 mense te wen by Fancourt in George. Wat is dan nou beter as om ‘n heerlike Dames oggend by te woon en dan weg te stap met so ‘n wonderlike prys, met die bonus jou man kry ‘n rondte golf op Fancourt se veel bekende ontwerpers golfbaan terwyl jy salig ontspan en bederf word in Fancourt se Dagspa.

Van die borge wat gesorg het dat hierdie Fondsinsameling projek so ‘n groot sukses was, is  D’Aria, Santam, Fancourt, Absolute Beauty Salon en Caturra koffie.  Daar was ook verskeie stalletjies om te besoek, met enige iets te koop van kerse tot olywe. Mense het hulle harte en beursies oopgemaak terwyl die TSakkie Susters almal vermaak het met enige iets van FAK liedjies tot Rock en Roll.

Herman Lensing van die tydskrif Sarie het sy kook kunsies kom deel terwyl Vicky Davis, aktrise en  Pasella aanbieder, die dames meer vertel het van die daaglikse behoeftes en uitdagings by Huis Thembiso.

‘n Baie suksesvolle uithang geleentheid was dit beslis. Huis Thembiso se behoeftes is deur die vrouens van die omliggende gemeenskap aangespreek en Ria, Thembiso huismoeder in Durbanville, is ook vereer vir haar onbaatsugtige bydrae. Huis Thembiso se Fondsinsamelings kommitee wil elke borg hartlik bedank vir hulle bydrae om hierdie dag moontlik te maak. Sonder projekte soos hierdie, sal die baba’s van Huis Thembiso ver te kort skiet in hulle daaglikse behoeftes. Indien u betrokke wil raak by Huis Thembiso, kontak gerus vir Sonja Vos by 021 9815261.

LENTE TEE

R35000 ingesamel ten bate van Thembiso.

Dankie aan almal vir hul bydrae.
HOME
ABOUT US
CONTACT US
PROJECTS
CONTRIBUTE
GALLERY
LINKS
NEWSLETTER
LATEST EVENT