HOUSE OF THEMBISO - A PLACE OF SAFETY / HALFWAY HOME FOR BABIES UP TO THE AGE OF 12 MONTHS
Spring Tea held for Thembiso
HOME
ABOUT US
CONTACT US
PROJECTS
CONTRIBUTE
GALLERY
LINKS
NEWSLETTER
LATEST EVENT
Past Event - Spring Tea D'Aria
               - Gallery of D'Aria Spring Tea
Thembiso 2011 Spring Tea
Thembiso 2011 Spring Tea
Thembiso 2011 Spring Tea
Thembiso 2011 Spring Tea
Thembiso 2011 Spring Tea
Thembiso 2011 Spring Tea
Thembiso 2011 Spring Tea
Thembiso 2011 Spring Tea
Thembiso 2011 Spring Tea
Thembiso 2011 Spring Tea
Thembiso 2011 Spring Tea
Thembiso 2011 Spring Tea
Thembiso 2011 Spring Tea
Thembiso 2011 Spring Tea
Thembiso 2011 Spring Tea
Thembiso 2011 Spring Tea
Thembiso 2011 Spring Tea
Thembiso 2011 Spring Tea
Op 'n koue winters oggend in Junie het gaste hulle reggemaak vir die jaarlikse Snippie Snuitertjie Dames Tee. Van vroeg oggend af was die skoolsaal by Laerskool Fanie Theron in Kraaifontein die ene bedrywigheid, soos uitstallers en organiseerders die saal reggekry het vir die vrolike gaste wat oppad was. Die tema vanjaar was Kersfees in Junie en die dames het beslis 'n Kersfees gehad, wat jou na jou kinderjare sou laat verlang het, met kleurryke kersbome, liggies en selfs geskenkies op die tafels.

Sonja Vos (fonds insamelaar) het ons meer vertel van die Huis Thembiso, waaroor die hele dag gegaan het. 'n Totaal van R5000 is ingesamel en kon aangewend word vir benodighede soos weggooidoeke en formule melk, wat op hierdie stadium 'n groot behoefte is. Sonja vertel ook dat hulle baie vrywillige werkers benodig en dat sy gekontak kan word by: 021 981 5261 vir enige verdere navrae.

Geen damestee is volmaak indien daar nie heerlike eetgoed is om aan te smul nie en die gasvrouens het weereens nie teleurgestel nie! Van delikaat versierde kolwyntjies tot romerige yskastertjies het op die tafels gepronk, terwyl die geur van koffie reeds vroegdag in die lug gehang het.

Die oggend is geopen deur Elmarie Cook, Snippie Snuitertjie se prinsipaal en dit beteken natuurlik die pret kon begin. Die T-Sakkie Sisters, bestaande uit 'Joko'; '5 Rose'; 'Lipton' en 'Vital' het die dames vermaak met enigiets van 'n FAK mengsel, Elvis liedjies en dan hulle veel bekende liedjie "Brille en Pille". Sumare van Schalkwyk wat reeds 3 cd's op die rak het, het die gaste stil gehad met haar pragtige weergawe van 'First Noel'. Die spreker van die oggend was Christa vd Merwe, wat 'n getuienis kom gee het oor haar wandel met God tydens haar siektetyd vroeg in 2011. Christa was gediagnoseer met Myeloma kanker, Guillain Barre sindroom en moes ook 2 dramatiese operasies ondergaan wat haar tydelik verlam het. Sy moes weer leer loop en sy het vertel hoe die blink dinge in die lewe ewe skielik nie meer waarde gehad het nie, maar dat die werklike waarde in God en ons gesin is.


Met die Kersfees bome wat nog vrolik flikker, is gaste daar weg met 'n huppel in die stap en verseker is daar 'n paar dames wat loer na die Kersfees dekorasies en wonder wat hulle hierdie jaar vir Kersfees sal doen!